blog | werkgroep caraïbische letteren
Posts tagged with: Niekerk Marlene van

Marlene van Niekerk – Die uitlê van ’n dooie vleer

Die uitlê van ’n dooie vleer is ’n soort
heiligskennis, die hande kan nie oor die bors
gevou, maar moet met uitgestrekte vingerspeke
die sambrele vlug onthou. Onvroom is die gespreide
stand van agterbene en met die kennebak so uitgeklop
na bo gerig is die ganse byt- en suiedele van die bek volledig
buite die gesig. Koddig, die klein muiselyf so op sy rug
met duime van die dwarsbalk losgehaak en oopgetrek
van punt tot punt – ’n studie wat klein oormoed
eggo? Iets van die spektakel en die val
van Ikarus? Is dáárvoor nog die ore
so ootmoediglik gespits?

read on…

  • RSS
  • Facebook
  • Twitter